Moontlike Kragtekort in Nelson Mandela Metro

Indien kragverbruik nie dringend met ten minste 10% verminder nie, kan inwoners hulle gereed maak vir beurtkrag.

So waarsku Eskom, die nasionale kragvoorsiener, wat al vir die afgelope paar weke sukkel om aan die verwagte vraag te voorsien. Die kragvoorsiener- wat veral sukkel om die mas op te kom tussen 5nm en 9nm- voorspel n krag-tekort van 9 terrawatt uur. Dit is gelykstaande aan die operasionale bestuur van n 1000MW-kragstasie.

Volgens Roland Williams, munisipale direkteur van kommunikasie, is die Metro se elektrisiteit-aanvraag net onder 700MW. “Die Metro beskik nie eens oor n kragstasie of substasie wat naastenby 1000MW krag kan opwek nie.”

Eskom se uitvoerende hoof, Brian Dames, het gesê die kragstelsel sal vir die volgende 5 jaar onder geweldige druk verkeer. “Die instandhouding-agterstand het oor die jare onvolhoubaar geword. Spaarsamigheid wanneer dit by kragverbruik kom, het dus n noodsaaklikheid geword om ‘spasie’ te skep vir Eskom om sy  instandhoudingsskedule te implementer,” het Dames gesê.

Volgens Williams het Eskom die Metro verlede week gewaarsku dat daar n ernstige tekort aan krag is. “Ons moedig alle inwoners en besighede aan om krag so spaarsamig as moontlik te gebruik. Indien al ons verbruikers 10% van hule gewone verbruik bespaar, sal dit die taak vergemaklik om die kragstelsel in dié moeilike tyd te bestuur,” het Williams gesê.

PE EXPRESS – 08 Februarie 2012

Weereens n goeie tyd om n Solar Geyser te oorweeg. Ons water verhitting in die huis gebruik 30% – 50% van ons maandelikste elektrisiteit. n Solar Geyser kan 70%-80% daarvan bespaar!  Kontak Yes Solar: Frans 082 7712 062 of Ansie 082 851 9761 om meer uit te vind.

This entry was posted in Carbon Footprint, Go Green, Solar Energy, Solar Geysers, Solar Water Heating, Yes Solar and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *