Subsidies vir sonkraggeisers droop op!

Die installering van laedruk-sonkraggeisers in die Baai is voorlopig gestaak omdat Eskom se subsidies daarvoor opgedroog het.

Die sondraggeisers is n Eskom-projek en word deur hom gefinansier. Sowat 30 586 geisers is al by regeringshuise hier aangebring. George Ferreira, van die maatskappy wat die geisers installeer, het gesê hulle het al 120 000 huishoudings voorsien.

Ferreira het op n onlangse komiteevergadering oor infrastruktuur, ingenieurswese en energie gesê die projek is gestaak weens geldnood en hy weet nie wannneer dit hervat sal word nie.

Volgens Mnr. Ferreira spaar huiseienaars  maandeliks sowat R30 aan krag met laedruk- sonkrag-geisers. Hulle het egter heelwat probleme ondervind tydens die installering. “Talle huiseienaars wat by hul huise laat aanbou het se dakke voldoen nie aan die standaarde nie en ons kon nie installasies doen nie. Ons het ook enkele lekke ondervind omdat vullertenks wat plaaslik vervaardig en SABS-goedgekeur is, foutief was. Ons moes 6000 van die vullertenks vervang. Sommige foutiewe krane is vervang. Van die geysers wat verkeerd geïnstalleer is, het van huiseienaars se dakke afgewaai.” Dié probleme het veroorsaak dat die maatskappy nie soveel wins gemaak het as wat hy aanvanklik bereken het nie.

Helga van Staaden – PE Express, 21 September 2011

This entry was posted in Climate Change, Go Green, Solar Energy, Solar Geysers, Solar Power, Solar Water Heating and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *